Warm Winter Projek

Hierdie is ‘n projek waar ons op ‘n praktiese wyse uitdrukking kan gee aan God se liefde teenoor hulle in ons gemeenskap wat nie het nie.

Hierdie grendeltyd is ‘n ideale geleentheid om deur ons kaste te gaan en items te identifiseer wat ons kan gee vir ander wat dit nodig het.

 Wat Benodig ons?

  • Winter klere en skoene vir kinders, mans en vroue.
  • Komberse

Wat moet jy doen?

Plaas die klere in ‘n plastiese sak en merk soos volg. (Dit help met die sorteer van die klere en skoene)

  • KLERE

Man / Vrou / Seun / Dogter / Grootte

Ons het ‘n groot behoefte aan Smal & Medium vir dames klere.

32-36 vir mans broeke.

Asook ‘ngroot behoefte aan kinder en tiener klere (h/skool)

  • SKOENE

Grootte :Bind aanmekaar.

Groot behoefte aan 5-7 skoen grootte vir dames.

8-10 skoen grootte vir mans.

Waar word dit afgelewer?

Plaas die klere of skoene in die “STREET STORE” houer in “THE COURTYARD” by ons Xanadu fasiliteite tussen 08:00 & 16:00 Maandae tot Vrydae.

Vir enige navrae of inligting

Kontak asseblief vir Connie Venter by 083 702 0517.