Die Young Adult-groep van Doxa Deo Xanadu Kampus bestaan uit, jong werkendes tussen die ouderdom 18-35. Dis ’n heerlike kuierplek waar ons saam nuwe dinge in God se Woord ontdek.
Die Young Adults vorm deel van die groter kampus. Een van ons bymekaarkom geleenthede is op ‘n Sondagaand om 18:00, gedurende ons aanddiens. Na afloop van die diens is daar geleentheid om lekker saam te kuier en nuwe vriende te maak.
Ons glo dat God al die Young Adults van Hartbeespoort wil bereik. Sodoende sal ons sien hoe God se koninkryk gevestig word in die stad. Die leiers speel ‘n belangrike rol om die Young Adults te help om City Changers te wees. Hulle funksie is meestal gefokus op dissipelskap en die reёl van byeenkomste waar community-bou die fokus is. Indien jy belangstel om te groei in leierskap, kontak gerus 012 253 1366.