40 DAE IN DIE BOEK VAN JAKOBUS
Wat is die ankers wat jy in die lewe het as die lewe onstabiel raak? Waaraan hou jy vas ? Ons is in ‘n tyd waarin alles verander het en baie uitdagings beleef en dit voel asof ons stabiele lewe omvergewerp het.
Maar daar is iets, ‘n anker, ‘n hoeksteen wat nooit verander en wat ons altyd reggop sal hou en dit is ons geloof in Jesus Christus.
Ons wil jou uitnooi na ons nuwe reeks 40 Dae in die boek van Jakobus waarin ons ontdek dat ons geloof in Jesus n vaste fondament is in elke dag omstandighede. Dit is ‘n reeks van Rick Warren waartydens onderwerpe soos: hoe om moeilike tye te deurleef , keuses in moeilike tye , gewoontes wat jy ontwikkel ,geloof in tye van storms en hoe om emosioneel gesond te bly deur dit alles.
Ons gaan die reeks in ons zone saam doen, maw 5 kampusse – HOE OPWINDEND!
Maak seker jy’s deel van ‘n groep en nooi jou vriende en familie saam op hier 40 dae reis.
Die boek van Jakobus is duidelik , jy kan nie jou redding verkry deur goeie werke nie. Maar ware geloof veroorsaak dat daar goeie werk deur jou lewe plaasvind.
Jesus sê self in Mattheus 5:16 “Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.”