Ons versorgings en bedienings sentrum noem ons ons Life Centre.

“Help carry one another’s burdens, and in this way you will obey the law of Christ.” Galatians 6:2 

By Doxa Deo Wonderboom het ons ‘n toegewyde span wat omsien na die pastorale versorging binne die kampus, sowel as in die groter omgewing.
Hierdie span bestaan uit die volgende groeperinge:

BEMOEDIGERS:  Vrywilligers wat ‘n hart het vir mense en ‘n passie vir versorging en herstel. Ons bemoedigers word toegerus om te dien in ‘n ondersteunende hoedanigheid.

GEBEDSONDERSTEUNING

As jy deur ‘n moeilike tyd gaan, wil ons gebedsondersteuners jou graag ondersteun. Vul asseblief ‘n “Praat Met Ons” kaartjie in en gee by info toonbank in. Ons sal jou spoedig kontak en die nodige ondersteuning bied om jou deur die moeilike tyd te help.

SOULCARE

Die Soulcare bediening is daarop gemik om by die wortel uit te kom van dit wat jou dalk kan verhinder om in ‘n intieme verhouding met die Vader, Seun en Heilige Gees te leef. Soulcare is nie ‘n beradingsessie nie, maar ‘n tyd van begeleide interaksie met die Vader, Seun en Heilige Gees ter wille van heelheid en vryheid.

HOPE

HOPE is ons kosgee projek. Dit is spesifiek gemik op behoeftige gesinne in ons eie gemeente. Indien jy weet van gesinne wat behoefte het aan kos, bring dit asseblief onder die leierskap se aandag sodat ons vir daardie gesinne kan kospakkies opmaak. 

Indien jy behoefte het aan pastorale hulp of belangstel om betrokke te raak by ons “Life Centre”, skakel die Doxa Deo Wonderboom kantoor by (012) 534 3049 of René Enslin – [email protected]  082 828 8779

“He won’t brush aside the bruised and the hurt and he won’t disregard the small and insignificant, but He’ll steadily and firmly set things right” Isaiah 42:3

Praat
Met
Ons

Jou Naam (vereis)

Jou E-Pos (vereis)

Jou Telefoon (vereis)

Boodskap