Ons bied die volgende dienste aan

GEBEDSONDERSTEUNING

As jy deur ‘n moeilike tyd gaan, wil ons gebedsondersteuners jou graag ondersteun. Vul asseblief ‘n “Praat Met Ons” kaartjie in en gee by info toonbank in. Ons sal jou spoedig kontak en die nodige ondersteuning bied om jou deur die moeilike tyd te help.

SOULCARE

Die Soulcare bediening is daarop gemik om by die wortel uit te kom van dit wat jou dalk kan verhinder om in ‘n intieme verhouding met die Vader, Seun en Heilige Gees te leef. Soulcare is nie ‘n beradingsessie nie, maar ‘n tyd van begeleide interaksie met die Vader, Seun en Heilige Gees ter wille van heelheid en vryheid.

HOPE

HOPE is ons kosgee projek. Dit is spesifiek gemik op behoeftige gesinne in ons eie gemeente. Indien jy weet van gesinne wat behoefte het aan kos, bring dit asseblief onder die leierskap se aandag sodat ons vir daardie gesinne kan kospakkies opmaak.

Daar is baie situasies in die lewe wat die wind uit ons seile slaan. Die Life Centre bied gespesialiseerde en gefokusde areas van bediening vir die van ons wat deur moeilike tye gaan. Ons begeerte is om te sien dat elke mens weer voluit sal lewe en in kwaliteit verhouding met God

Tegniese Span

Gebedsondersteuners:
As jy ‘n passie het om te sien hoe ander mense herstel word, dan is die Bemoedigers die plek om jou bediening uit te leef. Reg deur die jaar bied ons opleidingsgeleenthede aan vir ons Bemoedigers sodat ons mense wat deur trauma en krisisse gaan, sinvol kan ondersteun en bemoedig.

Beraders:
Ons skep graag spasie vir beraders wat hulle passie en tyd hier by Doxa Deo Wonderboom wil gee.

Spesialiste:
Jy kan ook deel van jou bediening hier uitleef binne jou professionele kapasiteit.

HOPE
Jy kan op ‘n gereelde basis ‘n verskil maak in mense se lewens deur HOPE te ondersteun. Die swart HOPE emmers het ‘n lys van produkte binne in. Jy kan so ‘n emmer huis toe vat en dan vul met dit wat op die lysie staan. Bring die vol emmer kerk toe en los dit voor by die HOPE emmers. Neem dan weer ‘n leë emmer en herhaal die proses so gereeld soos wat jy kans sien.

Kontak Informasie

Reinhardt Smit

Selfoon nommer: 076 878 3326

Epos: [email protected]

Vir enige ander kommunikasie kontak: [email protected]

Praat met Ons