UPDATE!

Inligting rondom ons dienste:

 

Geagte Vennoot van Doxa Deo Wonderboom

As gevolg van die jongste verwikkelinge van die Covid-19 virus, is ons standaard dienste by Die Hoërskool Wonderboom in gedrang. Ons gaan nie toe laat dat die krisis verhinder dat ons gemeente hoop en hulp vir die gemeenskap kan wees nie.

Soos jy sekerlik weet, vereis die nuutste regulasies met betrekking tot die Covid-19 virus dat almal vir 21 dae lank tuis moet bly. As gemeente wil ons weereens die positiewe in die situasie sien en die geleenthede wat dit bied benut. Ons gaan elke Sondag vir vier weke lank kerk aanlyn beskikbaar hê. Die boodskap sal om 08:00 elke Sondag beskikbaar wees op ons Youtube-kanaal, die skakel sal ook op ons Facebook blad (Doxa Deo Wonderboom) wees.

Ons doen tans ‘n 21 dae in die woord reeks, met die naam “ek IN my huis sal die Here dien”. Jy en jou gesin is dus instaat om vir die drie weke in isolasie deel te neem. Ons gaan elke dag om 07:00 ‘n kort video beskikbaar hê op ons Youtube-kanaal. Elke dag sal besprekingspunte, vrae en inhoud bevat wat jy kan vind deur middel van die skakel op ons Facebook blad te volg.

https://www.facebook.com/DoxaDeoGemeenteWonderboom/

Kom ons gebruik die geleentheid om geestelik te groei.

Gaan SUBSCRIBE gerus solank👇
https://www.youtube.com/channel/UCP4tfy2at-ezkTcNmvBXEng

MossieBOKS Projek

Vir meer inligting oor ons uitreik projek tydens lockdown, kan jy ons Facebook blad gaan volg met al die inligting aangaande hierdie geleenthei om uit te reik na mense in nood – https://www.facebook.com/covid19wbk/

Meer inligting aangaande COVID-19: