Doxa Deo kids is ‘n plek waar kinders leer wat Jesus aan die kruis vir ons kom doen het en hoe verhouding met Hom lyk in hulle eie lewe. Ons wil ook sien hoe kinders nie net kop kennis kry by DoxaDeoKids nie, maar dat hulle sal leer hoe om dit toe te pas in alledaagse lewe. DDK is nie daar om kinders op te pas nie, maar om by te dra tot die kinders se groei geestelik, emosioneel en fisies, asook om hulle die nodige tools uit die Bybel te gee sodat hulle hulle volle potentiaal kan bereik. Dis ook ‘n plek waar hulle kan speel en lag en uitdrukking gee aan hoe hulle God ervaar, soos wat net kinders kan.

Bowenal droom ons dat kinders sal toegrus word as City Changers in hulle huis, skole en gemeenskap

Ouderdomsgroeperings

Bediening vind elke Sondag, tydens dienste (08H00 en 10H00) in die volgende ouderdomsgoepe plaas:

2-6 jaar: LITTLE ZONERS Gr 1-5: JUNIOR ZONERS Gr 6-7: PRE-TEENS

 

 

Personeel

Doxa Deo Kids het ‘n lojale span personeel wat in verhouding met God en elkeen van die kinders staan.  Hulle skep ‘n veilige omgewing waar kinders op ‘n prettige manier uit Die Woord kan leer. Elke week word voorgeskrewe lesse uit ons eie doxa deo kurrikulum op ‘n kreatiewe manier aan die kinders aangebied.

Kom leef jou passie uit

By die kinderbediening bied ons ook geleenthede aan mense met ‘n passie vir kinders om te groei tot Les-aanbieder of as kleingroepleier/fasiliteerder. Uniek aan hierdie groep mense is die familie-gevoel wat daar bestaan onder mekaar. Sodra jy deel raak van hierdie bediening onwikkel jy ook in areas van leierskap en bediening.

Kontak Adele Mostert ([email protected]) indien jy jou passie by Doxa Deo Kids wil kom uitleef.

Praat
Met
Ons

Jou Naam (vereis)

Jou E-Pos (vereis)

Jou Telefoon (vereis)

Boodskap