Dit is Doxa Deo kultuur om deurgaans gemeenskap tussen ons vennote aan te moedig en bewerkstellig. Deel hiervan, is die kultivering van liefdevolle verhoudings as ‘n leefwyse en gevolglik daardie egte gevoel van ‘om te behoort’, te ervaar wanneer ons as kerk bymekaarkom.  Daarom is dit van kardinale belang dat ons moeite doen om, reeds met die intrapslag, mense met ope arms te ontvang en te laat welkom voel.

Info-toonbank

Ons wil ook verseker dat enige vrae wat mense mag hê, so spoedig en vriendelik moontlik beantwoord word.  Dus het Wonderboom Kampus ook ‘n info-toonbank wat navrae, CD bestellings en soms kaartjieverkope, hanteer.  Indien jy deel van hierdie bediening wil wees, sal ons jou met graagte die nodige opleiding gee.

Feesdienspersoneel

Dis vir ons belangrik dat elke persoon tuis moet voel en ervaar dat hulle hier hoort. Die feesdienspersoneel is dus verantwoordelik om ons deure op ‘n Sondag te beman en alle vennote en besoekers hartlik te ontvang.Ook om tydens die dienste die offerhande op te neem.

As jy graag op enige van die bogenoemde wyses betrokke wil raak, kontak gerus vir:

Carlos Coveiro

Sel 082 894 6888

[email protected]

Praat
Met
Ons

Jou Naam (vereis)

Jou E-Pos (vereis)

Jou Telefoon (vereis)

Boodskap