Omdat Jesus elke mens in die Tuinroete liefhet en wil deel maak van Sy Familie en Sy Missie, stuur Hy sy volgelinge, en dit sluit jou in, om geloof na ons omgewing toe te neem. Jesus self roep mense om Hom te volg. Een van die grootste vreugdes in die lewe is om te ontdek hoe die Here jou gebruik om juis dit te doen. Impak is ‘n geleentheid vir jou om hierdie roeping uit te leef.