Aanbidding & Tegnies

Aanbidding:


Ons glo dat ons aanbiddingsbelewenis saam met die kunste in al sy uitdrukkings, ‘n lewensveranderende impak in ons stad kan maak. Dit is ons begeerte om God te aanbid in Waarheid en in Gees en daarom het ons ’n aanbiddingsspan wat hulle gawes en talente gebruik om aanbidding te lei en fasiliteer tydens feesdienste en ander geleenthede.


Wie :

Sangers en Musikante

“Get Connected “

Deel van ons Ingroeiproses is ‘n 45min oudisie/gesprek waar ons jou ontmoet en verduidelik hoe die proses werk. Daarna volg ‘n 4 weke ingroeiproses. Kontak Rian Nel om ‘n afspraak vir ‘n oudisie te maak.

Oefentye :

Donderdagaande 19:00 – 21:00

Dien :

Dien by Sondag dienste en groot geleenthede

Aanbidding:

Oudiovisueel :

Ons streef daarna om ons Sondag feesdienservaring en -inhoud optimaal te kommunikeer asook beskikbaar te stel wyer as net tydens `n diens.

Vennote met ’n passie vir en bekwaamheid in multimedia en produksie verseker dat ons dienste meer interaktief is.

Die verskillende areas waarby jy betrokke kan raak is:
• Kamerawerk
• Multimedia
• Klank
• Beligting


Wie :

Klank, Multimedia, Beligting, Kamera en Verhoog

Oefentye :

Donderdae aande 19:00 – 20:00 (slegs klank)

“Get Connected “

Kontak ons en ons sal jou connect met die regte mense wat jou gaan help met opleiding en verdere betrokkenheid.

Rol :

Bied ondersteuning vir alle events en dienste.

Dien :

Dien by Sondag dienste en events

kontak informasie

aanbidding & tegnies

Rian Nel

084 838 3026

Vir enige ander navrae kontak vir Lizelle Gouws: [email protected]

Praat met Ons