Welkom by Doxa Deo Suid Kampus

Doxa Deo Suid Kampus, saam met al die ander Doxa Deo kampusse, droom daaroor dat ons stad getransformeer sal word na ‘n plek waar God regeer.  By Doxa Deo glo ons dat elke persoon wat deel vorm van ons kampus, geroep is om nie net ‘n vennoot van Doxa Deo te wees nie, maar ‘n wesenlike verskil in ons pragtige stad sal maak.

Ons samelewing word basies in agt sfere verdeel:  Kerk, Media, Kunste, Opvoedkunde, Sport, Sosiale Dienste, Sakewêreld en Regering. Ons wil graag deur ons Sondagdienste, selgroepe asook die talle kursusse en geleenthede wat weekliks aangebied word, vir elke vennoot die platvorm bied om ten volle toegerus te word om ‘n City Changer in sy/haar sfeer van invloed te wees.

Tyd & Plek

Oggend Diens: 9:00am
:
H/S Centurion , Selbourne ave , Lyttelton, Centurion

Sondag Dienste

Dit is vir ons ‘n groot waarde dat elke persoon sal deel voel van ‘n groter familie. Daarom is ons dienste gefokus om elke individu te bedien op sy vlak. Dit behels effektiewe en relevante bediening vir kinders van 2jaar tot Gr12 en volwassenes in julle unieke seisoene.

Wat Om Te Verwag

By Doxa Deo Suid kampus bestaan ons dienste uit drie hoof elemente.

Worship – In ons worship belewenis fokus ons op ‘n tyd van persoonlike ontmoeting met God deur relevante, lewendige musiek.

Boodskap – Ons boodskap fokus daarop dat mense God sal leer ken, mense sal liefhê en ‘n verskil in hul onmiddellike omgewing sal maak.

Om mekaar te bedien – Suid Kampus is ‘n plek waar ons mekaar dra en lewe saam deel en daarom maak ons tyd in ons diens vir bediening na mekaar.

Hoe word ek 'n vennoot van Suid Kampus?

Ons bied kwartaalliks ‘n nuwe vennote geleentheid aan waar ons met jou gesels oor die hart van Doxa Deo en hoe jy kan betrokke raak.

Stuur ‘n e-pos na [email protected] of kontak ons by 081 739 5155 om jou plek te bespreek.

Hoekom Vennootskap?

Vennootskap praat van inkoop en saam droom oor ons stad. Ons glo dat elke persoon ‘n brydra en verantwoordelikheid het tot God se droom vir die wêreld en daarom wil ons die geleentheid skep vir jou om jou volle potensiaal uit te leef.

Oor Ons Personeel

Ons personeel is uitverkoop om te sien hoe vennote hulle ware identiteit ontdek en dit uitleef. Elke individu in sy unieke seisoen is vir ons baie belangrik.Voel vry om enige van ons personeel te kontak bystand en ondersteuning

Kampus Personeel


JVW
Jaques van Wyk

MK89
Marie Kriel

LB
Lean Buys

MD
Marelize Dippenaar


Ondersteuningspersoneel


RH
Reghard Hefer

SJ
Suzanne Janeke


Beweeg verby sukses na betekenisvolheid.