Om jou hart vir die Here te gee is ‘n ongelooflike oomblik in enige mens se lewe. Ons is saam met jou bly dat jy hierdie keuse gemaak het. Ons sal graag die pad van groei in jou geestelike lewe saam met jou wil stap.

Stap 1
Maak kontak met ons deur middel van e-pos ([email protected]) of kontak gerus ons kantoor nommer 081 739 5155

Stap 2
Ons sal jou kontak vir ‘n lekker koppie koffie en ‘n gesprek oor hierdie spesiale oomblik.

Nuwe Lewe

Om te besluit om in ‘n verhouding met Jesus Christus te staan is ‘n lewensveranderende besluit, jy sal nooit weer dieselfde wees nie. Ons wil graag saam met jou ‘n pad stap en jou help om te groei in hierdie verhouding. Deel van hierdie pad is om deur ‘n boekie te werk wat ons “Nuwe Lewe” noem. Dit vertel vir jou alles van jou Nuwe Lewe in Christus en hoe om in ‘n verhouding met God te staan.

Indien jy onlangs tot bekering gekom het en graag wil groei in jou verhouding met die Here wil ons jou nooi om deel te word van ons Nuwe Lewe proses. Ons sal vir jou ‘n Nuwe Lewe boekie stuur en jou ook “connect” met een van ons leiers wat dan vir drie weke saam met jou deur die Nuwe Lewe boekie gaan werk. In hierdie drie weke gaan jy leer wat dit beteken om in ‘n verhousing met Jesus te staan, wat beteken sy kruisdood en opstanding vir jou, hoe lyk jou nuwe identiteit in Christus en hoe om jou bybel te lees en te bid vanuit verhouding met Jesus.

Indien jy onlangs tot bekering gekom het of iemand anders deur die proses wil begelei, kan jy die boekie hier kry: Nuwe Lewe.pdf

Jy kan ook die selfoon “app” hier aflaai: Nuwe Lewe App

Praat
Met
Ons

Jou Naam (vereis)

Jou E-Pos (vereis)

Jou Telefoon

Boodskap