By Fusion is dit ons begeerte om te sien dat elke tiener watdeur ons deure kom, God sal ontdek en Hom binne-in hul harte en lewens sal beleef. Daarom is ons passievol oor ons skole en ook oor alles wat op ‘n Donderdag en Sondag by Fusion gebeur. Ons praat onder andere met die tieners oor God, wie Hy in jou is, dat Hy die wêreld deur jou wil impakteer en soveel meer… Deur persoonlike mentorskap, stap ons ‘n pad saam met elke tiener om hulle te begelei in hul persoonlike verhouding met God en hul medemens. Fusion vorm ‘n baie belangrike deel van die groter Raslouw Kampus en daarom behandel ons dieselfde temas as wat die volwassenes tydens die oggenddienste behandel, net op ‘n tiener-relevante vlak.
Ons hart is om ‘n generasie te sien groei met ‘n passie vir God se Woord en Sy beloftes, ‘n liefde vir alle mense en die kerk, asook ‘n brandende begeerte om ‘n impak te maak deur ‘n God-gesentreërde leefstyl en mentaliteit, waar hulle ookal mag gaan. Ons glo in die waarde van groepslewe, dissipelskap asook ‘n gebedskultuur waarin elke tiener die geleentheid kry om te groei as individu in sy identiteit en verhouding met Jesus.