Baie dankie aan elkeen wat deel was van ons Projekte sover in 2020, hier is bietjie terugvoer

WATERTENKPROJEK

Gedurende Covid-19 is belangrikste komponent wat gemeenskappe nodig het die beskikbaarheid van lopende water.

Ons was gedurende hierdie tyd instaat om watertenks op te sit by ons kleuterskole in Olivenhoudbosch en Diepsloot.

Hierdie het veral kinders in hierdie gebiede bevoordeel – Ons eer die Here vir sy voorsiening

“WINTER WARMER”-PROJEK

Suid Afrika het in hierdie jaar ‘n uitsonderlike koue winter beleef. Natuurlik word die winterkoue meer intens beleef deur mense wat nie die nodige warm komberse tot hulle beskikking het nie. Met ons “Winter Warmer”-projek was ons instaat om 485 komberse aan mense uit verskeie omgewings van ons samelewing te kon uitdeel. Ons het waardering aan al ons mense wat tot hierdie projek bygedra het.

HONGERVERLIGTINGS-PROJEK

Vroeg aan die begin van die Covid-19 inperkingstydperk het ons bewus geraak van die groot behoefte aan kos by mense in en om Centurion. As deel van die “Love Pretoria South” inisiatief het verskeie gemeentes gesamentlik by, wat genoem was “Project Hunger Relief” betrokke geraak. In samewerking met die organisasie ‘Judea Harvest’ was ons bevoorreg om die laaste klompie maande 75 000 etes aan behoeftige mense te kon voorsien.

KLEUTERSKOLE

Aan die einde van 2018 het Doxa Deo Raslouw Kampus as deel van ons “Christmas Wish List”-projek ‘n inisiatief begin om kleuterskole in Olivenhoutbosch en Diepsloot op te rig. Dit is met groot dank en waardering aan God dat ons 4 kleuterskole kon oprig. Hierdie fasiliteite word sinvol aangewend tot opbouing van die jonger generasie en om ander behoeftes in hierdie behoeftige omgewings aan te spreek.