Love Box Projek

Die “Love box” projek is daar om kinders hoop te gee in die Kersseisoen.
Dit is daar om ‘n kind te bederf en om kinders geliefd te laat voel.

Ons reik uit na minder bevoorregte kinders in kleuterskole in ons omgewing. Kinders tussen die ouderdom van 2 jaar en 5 jaar.

‘n Lys van benodighede word voorsien vir elke boks.
Alle items moet binne in ‘n skoenboks of soortgelyke boks kan pas.
Draai asseblief die boks toe met mooi geskenkpapier en sommer ‘n GROOT strik.

Ons mikpunt is 200 “Love boxes”. 100 vir seuns en 100 vir dogters.

Raak betrokke by die projek deur ‘n “Love box” te voorsien. Dit behels die aankoop en verpakking van jou eie boks en die aflaai daarvan voor die 1st Desember by die kerkkantoor.

Raak ook betrokke by die uitdeel van die “Love boxes” by die kleuterskole, die datum sal voorsien word.

Vir meer inligting of om betrokke te raak, kontak vir Anneke Rabie:
[email protected]

7 MAKLIKE MANIERE OM ‘N

PERFEKTE “LOVE BOX” TE PAK

VOORSKOOL: 2 JAAR TOT 5 JAAR

  1. SEUN OF DOGTER

Besluit of jy ‘n boks wil opmaak vir ‘n seun of ‘n dogter en dui dit aan op die “Christmas Wish List” uitreik lys.

2. TANDEBORSEL & TANDEPASTE

Mond higiëne verseker ‘n mooi glimlag. Onthou asseblief

dat ons vir voorskoolse kinders gaan uitdeel. Koop asseblief kindervriendelike tandepasta en ‘n klein tandeborsel.

TOP-WENK: Sit dié benodighede veilig in ‘n Ziploc sakkie in die boks

3. WASLAP & SEEP

Wie wil nie hulle eie waslap in ‘n helder kleur besit nie?

Koop asseblief ‘n GROOT lekkerruik seep.

TOP WENK: As jy vloeibare seep gaan koop, plaas dit asseblief veilig in ‘n Ziploc sakkie.

4. ROLL-ON ANTI-PERSPIRANT DEODORANT

Wie wil nie soos ‘n prins en prinses ruik nie?

Koop asseblief ‘n “roll-on” wat nie hul velletjies gaan brand nie.

5. LEKKERGOED & ‘N SPEELDING (MOET OUDERDOMS GEPAS WEES)

Wat sal jy graag wil hê? Miskien ‘n wollerige, sagte speelding om te kan vertroetel? Of dalk eerder ‘n opvoedkundige speelding, ‘n pop of ‘n karretjie? (solank dit in hul boks kan pas.) Moenie vergeet van die lekkerny as ‘n bederf nie. As jy besluit om sjokolade te koop, sit dit asseblief in ‘n Ziploc sakkie. Lekkergoed en speelgoed vir ‘n kind 2 jaar tot 5 jaar.

TOP WENK: Koop ekstra batterye of gaan met die opsie van geen batterye.

6. VERSIER JOU BOKS

Maak asseblief gebruik van ‘n skoenboks of ‘n soortgelyke boks om al die benodighede in te sit. Draai asseblief die boks toe met mooi papier en sommer ‘n GROOT strik. Dui duidelik vir ons aan of jou boks vir ‘n seun of dogter is, maar moet asseblief nie op die boks skryf nie.

7. LAAI JOU LOVE BOKS AF

Wees asseblief betyds met jou boks. As jou boks laat is beteken dit dat ‘n kind nie ‘n boks gaan kry nie. Alle bokse moet asseblief voor 1 Desember by Doxa Deo Raslouw Kerk afgelaai word.

VIR MEER INLIGTING KONTAK: [email protected]