Kingsman

Hierdie is ‘n program vir getroude manne wat hulle self nie meer sien as jong student of selfs jong volwassene nie en wat in ‘n groot mate gevestig is in die lewe.

Die program vind oor ‘n tydperk van 1 jaar plaas en gaan oor presies wat dit sê “Die Koning se Manne”. Dit spreek alle fasette van manwees aan en hoe om in ‘n nog dieper verhouding in al hierdie areas met God te groei.

Jy kan registreer deur vir ons die onderstaande afskeurstrook in te vul en vir ons by die info-toonbank of die tafel buite te los. Ons sal hierna vir jou ‘n “link’ stuur waarop jy jou registrasie finaal kan afhandel.

Jy kan ook vir Bennie Buys ‘n epos stuur by [email protected]

Wees deel van hierdie avontuur en maak so ‘n ewigheids-belegging in jou lewe.

Die program sluit onder andere in:

  • Geestelike belegging
  • Verhouding met God
  • Wêreldbeskouing
  • Huwelik
  • Roeping
  • Kinders
  • Karakter Ontwikkeling
  • Tydsbestuur
  • Werksomgewing
  • Finansies
  • Avonture soos:
  • Kleiduif skiet
  • Pyl en Boog
  • Hoëtoubane
  • Staptoer

 

Book your tickets