Doxa Deo Kids is ‘n plek waar kinders net kind kan wees, ‘n plek waar hulle kan speel en lag, maar bowenal ‘n kerk vir die jonger generasie, ‘n plek waar hulle uitdrukking kan gee aan wat hulle van God ervaar soos wat net kinders kan. Ons droom daaroor dat kinders sal opstaan as “City Changers” in hulle huise, skole en gemeenskap.

Ons kinders se veiligheid is vir ons belangrik en daarom maak ons gebruik van ń registrasie sisteem weekliks om jou kind in en uit te teken.

Nuwe vennote sowel as besoekers meld aan by ons Registrasie area voor diens.

Bedieningsgroepe

Bediening vind elke Sondag, tydens die oggenddienste in die volgende groepe plaas:

  • 2-3 jaar
  • 4-5 jaar
  • Graad R
  • Graad 1
  • Graad 2
  • Graad 3
  • Graad 4
  • Graad 5
  • Pre-Teens (Graad 6 en Graad 7) – Lokaal agter die verhoog

Personeel

Doxa Deo Kids het ‘n wonderlike span personeel wat in verhouding met God en elkeen van die kinders staan.  Hulle skep ‘n veilige omgewing waar kinders op ‘n prettige manier van Jesus kan leer. Elke week word ‘n les uit ons goed uitgewerkte kurrikulum op ‘n kreatiewe manier aangebied.

Kom leef jou passie uit

By die kinderbediening bied ons ook geleenthede aan mense met ‘n passie vir kinders om hulle bediening te kom uitleef by ons kinders. Skakel ons vir meer inligting in watse area jy graag betrokke wil raak.

Praat
Met
Ons