Hongerverligting Projek

Met covid-19 weet ons van soveel mense in ons direkte gemeenskap wat nie kos het nie. Dit is om hierdie rede dat die gemeentes in Centurion – (LPS Love Pretoria South) –  besluit het om saam te werk aan ‘n kosgee-projek om verligting te bring aan mense wat dit so nodig het.

Die projek staan bekend as projek- “Hongerverligting”. Ons vertrou die Here dat ons hierdeur duisende etes vir mense in gebiede rondom Centurion sal kan voorsien. Hierdie gebiede is Olivenhoutbosch, Diepsloot, Mooiplaatz, die Chelter in Lyttelton en Itireleng.

Jy kan betrokke raak deur ‘n finansiële bydrae te maak.

Koop ‘n boks van 30 kospakke teen R600 – (300 etes) of koop ‘n aantal etes teen R2 ‘n ete of koop 10 bokse – Ons vetrou die Here vir 200 bokse – wat beteken ons kan  60 000 etes gee – totaal R120 000.

Een kospak weeg 445g en bevat die volgende:

  • Vitamien sakkie
  • Rys
  • Soya
  • Ontwaterde groentemengsel

Een kospak kan 10 kinders of 6 volwassenes van ‘n ete voorsien. Een boks kan 300 kinders of 180 volwassenes van ‘n ete voorsien.

Die bestandele is as volg:

Vitamien A, B1, B2, B3, B5, B6, B12, C, D3, E, foliensuur en Biotien, minerale voormengsel wat bevat: kalsiumkarbonaat, selen, yster, sinksulfaat, mangaan sulfaat, kopersulfaat, chroom aminosuurchelaat , kaliumjodium.

Wil jy graag help kospakkies pak?

Jy ook betrokke raak deur ons te help met die verpakking van hierdie kospakke. Registreer op ChurchSuite om meer inligting oor ons “Pak van etes” te kry: https://doxadeosouth.churchsuite.co.uk/events/jkundv99

Permitte hiervoor sal verkry word.  Kom maak saam ‘n impak in ons gemeenskap.

Ons volgende datums vir wanneer ons weer gaan pak en ook by watter kampus:

04 Junie – Kerk Sonder Mure

18 Junie – Kerk in Suid

2 Julie – Hatfield Christian Church

16 Julie – Lewende Woord Centurion

30 Julie  – Doxa Deo Raslouw

13 Aug  –  Kerk Sonder Mure 

Betaling opsies:

Bankbesonderhede

Doxa Deo Raslouw

ABSA [email protected]
Rek: 326 014 1375
Takkode: 632005

Verwysing: “RKETES”

Snapcan

Maak jou selfoon se kamera oop en skandeer die QR kode

of

Download die “Snapscan” application in Google play of App store.

 

 

 

 

 

Doxa Deo Raslouw span

75 000 Maaltye vir ons gemeenskap

Dit is geen geheim dat die impak van Covid-19 tot verwoestende sosio-ekonomiese uitdagings in ons land gelei het nie.

Ons ken die uitdrukking: “Geen werk, geen betaling”, maar tydens die nasionale inperking het hierdie uitdrukking ‘n groter definisie gekry; ‘n definisie wat eerstehands ervaar word. Ons gemeenskap en sy mense het dringend voedsel nodig. Doxa Deo Raslouw van hande saam met -Pretoria-Suid kerke wat besluit het om saam te werk aan ‘n voedselprojek wat verligting vir ons gemeenskap sal bring.

Die projek, beter bekend as Hongerverligting, het kerklede en lede van die gemeenskap genader om finansiële bydraes te lewer tot kospakkies wat versprei sal word na gebiede soos Olievenhoutbosch, Diepsloot, Mooiplaats, ‘n skuiling in Lyttelton en Itireleng. Die kospakkies gaan ook hoofsaaklik aan die kinders in ons gemeenskap uitgedeel word.

Een van hierdie bokse kan tot 300 maaltye voorsien om kinders te voed, of 180 maaltye vir volwassenes. Elke maaltyd is geformuleer om die aanbevole daaglikse toelaag van noodsaaklike vitamiene en minerale in te sluit. Die hoofdoel van hierdie inisiatief was om genoeg geld in te samel om voorsiening te maak vir 60 000 etes. Die Hongerverligtings-projek was egter in oorvloed geseën met ‘n totaal van R150 000, wat dit moontlik gemaak het om 75 000 maaltye aan ‘n honger gemeenskap te voorsien.

Die Hongerverligtings-projek bedank die gemeenskap vir elke bydrae wat gelewer is aan die projek.