DOXA DEO | MOSSELBAAI | GEORGE

27 Jaar gelede het die Here vir Alan Platt ‘n woord gegee: “Ek gee vir jou geloof vir ‘n gemeente.”

Skaars 2 jaar daarna het Hy vir die leierskap ‘n woord gegee: “Ek gee nou vir jul geloof vir ‘n stad.”

Dit is met hierdie belofte wat Doxa Deo ‘n bediening geword het wat stadsgefokus is, om transformasie teweeg te bring.

Oor die afgelope paar maande het Doxa Deo daaroor begin droom om uit te brei na die Tuinroete – meer spesifiek die George/ Mosselbaai area/streek.

Dit is ook in hierdie tyd wat Vida Nova Mosselbaai gemeente ‘n besluit geneem het om deel te word van Doxa Deo, aangesien hul dieselfde visie as Doxa Deo deel. Dit was vir die leierskap duidelik dat die Here in die saak is en daarom is die besluit geneem om Doxa Deo in Mosselbaai te vestig asook ‘n kampus in George te plant.

Hierdie kampusse gaan daarop fokus om die mense van Mosselbaai tot George omgewing te bedien en te bemagtig om die Tuinroete (saam met al die ander lewegewende gemeentes) te verander na ‘n plek waar God regeer.

Indien jy van vriende, familie of Doxa Deo vennote weet wat daarheen getrek het, vra ons jou dat jy hierdie bladsy met hul sal ‘share’ of die volgende skakel sal volg om hul details deur te gee. Op hierdie manier word jy deel daarvan om God se heerskappy in die Tuinroete te vestig.

Ons kom reeds op Sondag, 25 April 2021 om 9:30 vir die eerstekeer in George bymekaar by 31 Courtenay St, George Central, George. (ROOFTOP by Augusta Grill, George)

(Neem ook kennis dat Doxa Deo dienste alreeds op Sondae  plaasvind by Vida Nova Mosselbaai gemeente.)

Gesels met ons

DOXA DEO

Vir meer info, stuur gerus ‘n epos aan:  [email protected]

 

ONS SIEN UIT OM VAN JOU TE HOOR!

Book your tickets