| Enkelma Bederfdag |

Ons nooi alle enkelma’s uit om deel te wees van ons ENKELMA BEDERFDAG.
Die geleentheid vind plaas die 16de Mei om 10:30 by Doxa Deo Raslouw (Lapa) kampus.
Ons het ‘n Spreker gereël: IVY SUTTONbederf , ‘n lekker ete, hope gesels en sommer net oomblikke waar ons saam ons harte van vrouwees gaan deel.

Ons het dit goed gedink om ons vennote te vra om die ma’s te borg vir die geleentheid.
Vir nou wil ons net elke enkelma se besonderhede hê en dan sal ons later verdere reëlings met jou tref rakende die geleentheid.
*Ons maak voorsiening vir kinders ouderdom 2 jaar tot 13 jaar.

Dit is baie belangrik dat elke ma moet registreer sodat ons vir haar (en haar kind/ers) kan voorberei.

| Borg ‘n Enkelma |

Met moedersdag om die draai het ons dit goed gedink om ons enkelma’s so bietjie uit te sonder, te bederf en bedien.
Daarom vra ons, ons vennote om deel te word van die “Borg ‘n enkelma” projek.
Die kaartjies beloop R250 per ma vir die geleentheid.
Kom wees deel daarvan om ‘n enkelma (of sommer ‘n paar ma’s) te borg, bederf en maak ‘n impak in haar lewe.

Book your tickets