Kontak ons

Skakel ons gerus vir meer besonderhede en om jou kind deel te maak van hierdie nuwe opwindende avontuur in sy/haar lewe.

Kontak Persoon: Anneke Rabie

E-pos: [email protected] //  [email protected]

Kontak nommer: 081 444 8124

Vul die vorm in dan maak ons kontak met jou

    Jou Naam (vereis)

    Jou E-Pos (vereis)

    Jou Telefoon

    Boodskap

    DOXA DEO PRE-ACADEMY

    By Doxa Deo Pre-Academy (Raslouw) fokus ons op ‘n Christusgesentreerde leerplan waardeur ons die ontwikkeling van kernvaardighede by elkeen van ons leerders inkorporeer deur middel van ‘n filosofie van ‘leer deur spel’. Ons hoofdoel is om ‘n sterk geestelike grondslag te vestig waardeur ons die kinders leer om God te ken, mense lief te hê sodat hulle die toekoms kan beïnvloed.

    Ons doel is om elke kind se wêreld te verryk deur ‘n veilige en vindingryke leeromgewing te bied. Ons streef daarna om ons leerders voor te berei op die lewe in die 21ste eeu deur te fokus op die ontwikkeling van basiese kernvaardighede.

    Ons wil hulle toerus om ten volle deel te neem aan die wêreld van vandag en van môre. Ons lei hulle in die ontwikkeling van denkvaardighede, kommunikasievaardighede, selfbestuurvaardighede, samewerkingsvaardighede en probleemoplossingsvaardighede.

    Die doel van vroeëkinderonderwys is om kinders in staat te stel om hul sterk punte en belangstellings te ontdek en betekenis aan hulle wêreld toe te ken deur ‘n prentjie te formuleer van wie hulle is, wat hulle kan doen en wat hulle dink en voel. Hulle sal voortgaan om hul groot en klein motoriese vaardighede te ontwikkel en leer om progressief te dink terwyl hulle probleme oplos.

    Ons het halfdag sowel as voldag opsies beskikbaar.

    Ons voorsien gesonde etes sowel as versnapperings.

    Waarom sal Doxa Deo Raslouw Academy jou eerste keuse wees?

    Want ons bied die volgende:

    • Christelike Waardes
    • Passievolle Onderwysers
    • Hoë Standaard Fasiliteite
    • Veilige en liefdevolle omgewing
    • Individuele Ontwikkeling
    • Skoolgereedheid
    • Klein klas onderrig

    Book your tickets