Beste Ouers,

Ons is baie opgewonde om die Kinderkerk na jou huis toe te bring vir die volgende paar weke. Ons tema is: “Ek Sal Nie Bang Wees Nie”.

Wat om te verwag:

Ons sal ‘n video plaas op ons YouTube kanaal: https://www.youtube.com/channel/UCAIp0R4SjG9o2jbEUfqaBug

 Gaan asseblief en skryf in by die kanaal om al die nodige inligting te ontvang wat julle kan gebruik tydens julle Sondag huiskerk.

 ‘n Video vir twee ouderdomsgroepe – Jonger groep en Ouer groep sal daar gevind word.

Doxa Deo Raslouw Webtuiste:

 Alle lesmateriaal sal beskikbaar wees op ons Doxa Deo Raslouw webtuiste – volg die skakel https://www.doxadeo.org/raslouw/ onder COVID-19 sal daar ‘n afdeling wees vir kinderbediening lesse waar jy die volgende sal vind.

 ‘n Oorsig van elke les met besprekingspunte.

 Uitdagingskaart wat saam as ‘n gesin gebruik kan word.

 Aflaaibare aktiwiteite vir drie oudersdomsgroepe: Voorskool tot Graad 1, Graad 2-5 en Graad 6-7.

 ‘n Ouergids:

o Sluit in gebedspunte en

o ekstra gedagtes wat jy kan deel met jou kinders.

Ingesluit in die video:

1. Geloof vers vir die kinders om te leer.

2. ‘n Lekker interaktiewe les.

3. ‘n Bybelstorie.

4. ‘n Lied wat julle kan saamsing.

5. Gesondheid wenke.

Hou asseblief jouself veilig. Ons bid dat julle as ‘n gesin hierdie aktiwiteite sal geniet en saam groei in Christus.

Hier is ‘n paar gesondheid wenke:

1. Vermy dit om aan jou oë, mond en neus te raak. Was jou hande gereeld.

2. Maak voorwerpe gereeld skoon wat jy gereeld aan raak.

3. Vermy dit om te naby aan ander mense te kom, veral mense wat hoes.

4. Hou jou mond/neus toe met jou elmboog wanneer jy hoes of nies en nie met jou hande nie. Stay home if you are sick.

5. Drink gereeld water, verkieslik elke 15 minute.

6. Kyk mooi na jouself.

7. Was jou hande gereeld met seep en water vir ten minste 20 sekondes.

8. Gebruik die tolvrye nommer indien jy vermoed dat jy die virus het: 0800 029 999.

Click op die button vir die Lesmateriaal