Discovery, ‘n kursus waar jy sal sien dat jy reeds alles in jou hande het om die man te wees wat die Here jou gemaak het om te wees. Soos met alle groot konstruksies, neem dit tyd en sorg om die fondamente van die gebou te versterk, want dit beïnvloed die stabiliteit van die gebou en die vermoë om druk- en omgewingsuitdagings die hoof te bied.

So is dit ook met elke man se lewe. Wat ons oor die Here en onsself glo, vorm die grondslag van hoe ons elke dag leef. Daarom is dit belangrik dat die fondament stewig sal wees.

Die kern van die kursus is om saam met jou ‘n pad te stap waar ons sal kyk wat jou sal help om te sien wat die Here se opinie oor jou is, wat jou doel as man is, en hoe jy jou hele lewe in lyn kan bring daardie skeppingsdoel, en hoe om in vandag se lewe staande te bly.

Mag die ontdekkingsproses vir jou ‘n wonderlike openbaring wees! Mag dit tyd wees om die Here op ‘n nuwe manier te leer ken. Mag dit tyd wees om te ontdek dat jou beeld geskep is om alles te wees wat God vir jou beplan het.

Meer inligting sal volg