CHRISTMAS WISH LIST

Christmas Wish List Uitreik 2020

Met hierdie projek reik ons elke jaar uit na ons gemeenskap gedurende die Kersseisoen – Die seisoen van welwillendheid, omgee en liefde.

Die projekte wat ons hierdie jaar gaan aanpak is die volgende:

‘Essential Workers’ Ons reik uit na Unitas Hospitaal se Essential Workers wat aan die voorpunt van die hantering van die pandemie gestaan het. Ons bederf en sê dankie vir die selflose werk.

Polisie Ons knap die tuine van die Wierdabrug polisiestasie op. Hierdie vorm deel van ons jarelange uitreik na die polisie ten einde die gemeenskap en die polisie nader aan mekaar te bring.

Rusoord – Huis vir bejaardes Ons hou vir die bejaardes van Rusoord Ouetehuis in Lyttelton ‘n kerspartytjie en deel kersgeskenke uit.

Club 21 (Skool vir Down Sindroom Kinders) Die skool is geleë in Doringkloof Centurion. Ons wil graag ‘n kerspartytjie vir 50 kinders hou. Ons wil ook graag hul 25 personeellede bederf.  Loer gerus op die volgende link vir meer inligting rakende die skool: https://www.club21school.org

“Love Boxes” Ons maak geskenkpakke op vir behoeftige kinders in kleuterskole in ons gemeenskap. Gaan loer gerus op die volgende link vir meer inligting: https://www.doxadeo.org/raslouw/love-box-projek/

Jy kan deel van hierdie projek wees deur verskeie maniere:

  1. Jou finansiële bydrae (Ons vertrou die Here vir ‘n inkomste van R100 000 wat ons instaat sal stel om al hierdie projekte met impak af te handel.)
  2. Jou visiese betrokkenheid by een of meer van hierdie projekte waar jy jou tyd en talente inspan tot die sukses van hierdie projek.
  • Die opmaak van ‘n “Love Box” vir behoeftige kinders.

Indien elke gesin R400 bydra, kan ons ons mikpunt van R100 000 vir hierdie projekte bereik.

Opneem van spesiale offerande: 29 November 2020

My finansiële bydrae vir Christmas Wish List 2020

 EFT verwysing “RK CWL 2020” Naam en Van

Bank besonderhede:

ABSA [email protected] Takkode: 632005

Tjekrekening Nommer: 3260141375

Stuur asseblief bewys van betaling na: [email protected]

Scan die QR kode om 'n betaling te maak

    Kontak ons gerus indien jy meer inligting benodig.