Ons glo dat ons aanbiddingsbelewenis saam met die Kunste in al sy uitdrukkings, ‘n lewensveranderende impak in ons stad kan maak. Dit is ons begeerte om God te aanbid in Waarheid en in Gees en daarom het ons ’n aanbiddingsspan wat hulle gawes en talente gebruik om aanbidding te lei en fasiliteer tydens feesdienste en ander geleenthede.

Daar is verskeie plekke waar jy betrokke kan raak: musiek, liedjie-skryf, poësie, drama, teaterkuns en film. ‘n Individuele oudisie en gesprek vind plaas sodat daar bepaal kan word, hoe en waar jy as deel van die aanbidding- en kunstespan betrokke kan raak.

Oefeninge vind plaas op Donderdae Aande van 19:00 tot 21:00. Tydens die geleenthede spandeer ons tyd in die Woord, kuier, bid saam en berei intensief musikaal voor vir Sondae se aanbidding.

Sangers en Musikante

Wie:Sangers en Musikante
Dien:Dien by Sondag dienste en “Events”
Kontak:Henri Stander – 082 338 3079 – [email protected]
Get Connected:Kontak ons om ‘n afspraak vir ‘n oudisie te maak.
As jy die oudisie slaag, word jy dan deel van oefeninge op Donderdae-aande. Daar sal ‘n een-tot-een gesprek wees. Na ‘n oefen periode sal jy op ons rooster ingedeel word vir bediening by ons dienste.

 

Tegnies

Wie:Klank, Multimedia, Beligting, Kamera en verhoog
Rol:Bied ondersteuning vir alle “events” en dienste en oefen saam met Aanbiddingspan op Donderdae.
Dien:Dien by Sondag dienste en “Events”
Kontak:Henri Stander – 082 338 3079 – [email protected]
Get Connected:Kontak ons en ons sal jou “connect” met die regte mense wat jou gaan help met opleiding, indien nodig, en verdere betrokkenheid.

Druk die Worship knoppie vir ons YouTube worship songs

Praat
Met
Ons