Meer inligting:

Waaroor gaan 50 Days of Abundant Living?

Ons is opgewonde om jou uit te nooi op ‘n ‘journey’ van sewe weke waar ons gaan kyk na die implikasies van Jesus se stelling in Johannes 10:10: “Ek het gekom sodat hulle lewe en dit in oorvloed kan hê.” By wyse van Sondag preke, weeklikse kleingroep besprekings en daaglikse oordenkings gaan ons definieer wat ‘Abundant Living’ behels in Christus, heelheid, liefde, vryheid, vreugde, lewensdoel en nalatenskap. Sluit by ons aan op hierdie 50 dae avontuur en leef jou Oorvloedige Lewe.