Welkom by Doxa Deo Randburg Kampus

Doxa Deo Randburg Kampus, saam met al die ander Doxa Deo kampusse, droom daaroor dat ons stad getransformeer sal word na ‘n plek waar God regeer.  By Doxa Deo glo ons dat elke persoon wat deel vorm van ons kampus, geroep is om nie net ‘n vennoot van Doxa Deo te wees nie, maar ‘n verskil in hulle wêreld sal maak.

Tyd & Plek

Oggend Diens: 09:00
44 5th St, Linden, Johannesburg, 2195

Sondag Dienste

Kom net soos jy is, oud en jonk. Ons verkondig Christus en Hom as gekruisigde, aanbid met alles in ons, doen die lewe saam en geniet elke oomblik daarvan.

Demografie

Maak nie saak watse seisoen van jou lewe jy in is nie, ons het n plek vir jou.

Wat Om Te Verwag

Ons is ‘n gemeente waar Volwassenes, Tieners en Kinders met ontdek wie ons in Christus. Ons doen die lewe saam en ons kleingroepe is ons hartklop. Ons wil in elke persoon se lewe sien hoe hulle God leer ken, mense lief het en hulle wêreld verander.

Vennootskap

Hoe word ek 'n vennoot van Randburg Kampus?

Dit is vir ons belangrik dat jy nie net ‘n gereelde besoeker sal wees by Randburg Kampus nie, maar dat jy deel sal word van die gemeente en jou plek in die liggaam van Christus sal vind.

Hoekom Vennootskap?

Vennootskap sê dat jy nie net belang by die Kerk het nie, maar dat jy aktief betrokke is deur jou tyd, talente en hulpbronne te gebruik . Ons verwys dus na lidmaatskap as Vennootskap. Doxa Deo, as een van die uitdrukkings van God se Kerk in Johannesburg, en begeer om met jou in Vennootskap te tree.

Personeel

Kampus Personeel


Dewaldt & Suzelle de Kock

Gera & Murray Louw

Henrihet & Henk Roodt

Melani Ittmann