Cherish is ons vrouebediening eie aan Doxa Deo en ons wil jou graag uitnooi om ons by ons aan te sluit.  Ons doel is om vroue toe te rus vir hierdie belangrike taak – naamlik om ‘n verskil in ander se lewens te maak.  Ons het ‘n passie vir ons kampus en ons stad.  Ons vertrou dat die Here hierdie bediening nog verder gaan gebruik om ‘n groter impak in ons stad te maak.  Kom droom groot drome saam met ons.  Die Woord sê immers in Matt. 5:14-16 dat ons moet SKYN!!!

“We are a Women’s Ministry with a mission from God – To nurture, to love, to inspire… and to cherish the uncherished.” “You’ll be known as those who can fix anything, restore old ruins, rebuild and renovate, make the community liveable again.” (Is 58:6-12)

Die skrifgedeelte wat die grondslag van ons vrouebediening vorm is Deut 7:6(b):  “God, your God, chose you out of all the people on the earth, for Himself, as His cherished personal treasure.”

Daar is iets vir elke stunning vrou by Cherish. Dit is ons begeerte:
* dat elke vrou geinspireer sal word;
* dat vroue bemagtig sal word om geestelik en emosioneel te kan groei;
* dat elke vrou sal besef dat die Here haar koester en baie liefhet; en
* dat sy saam met ‘n klomp vriendinne pret, vriendskap en vreugde sal beleef!

Cherish EVENTS – Ons hou deur die jaar ‘n spesiale geleentheid waar ons as dames saamkom om pret te hê en net vrouwees geniet. Hou die kalender dop vir die volgende geleentheid. Kontak [email protected]

Cherish WORD (bybelstudies) – Ons het elke Dinsdag en Woensdag 09:00 ‘n Vroue Woordskool in Leeufontein. Kontak [email protected]

Cherish GROUPS (selgroepe en gebedsgroepe) – Elke Donderdag 08:00 kom vroue by die kerkkantoor bymekaar vir Bybelstudie. Kontak [email protected]

Cherish RADIANCE – Dit is ‘n unieke kursus vir jong vroue met die visie van “Reflecting my King!”. Kontak [email protected]

Propel Women – Matt 9:37,38 [Amp]Then He said to His desciples, The harvest is indeed plentiful, but the laborers are few. So pray to the Lord of the harvest to force out and thrust laborers into His harvest.

Propel Women help vroue wat nooit gedink het hulle kan leiers wees nie, hulself sien as leiers in die samelewing om mense na Jesus Christus te lei. Kom, beweeg in jou passie, potensiaal en doel waarvoor God jou geskep het! Kontak [email protected]