Gevangenis
Ons fasiliteer dissipelskap en dienste by die mans in Sentraal Gevangenis in Potgieterstraat op Sondagoggende.

Hospitaalbediening 
Ons weeklikse hospitaaluitreik fokus daarop om die siek mense te bereik met God se liefde asook geleenthede te skep vir vennote om deel te raak van die unieke bediening.

Winter Warmer
Gedurende Mei en Junie, het ons ‘n “Winter Warmer” projek waar ons komberse en geld insamel en uitdeel aan behoeftige gesinne in ons gemeenskap.

Christmas Wishlist 
Gedurende November is dit ons jaarlikse “Christmas Whishlist” projek waar ons uitreik na verskillende instansies.

HOPE – Help Our People Eat
HOPE is ons kosgee projek. Dit is spesifiek gemik op behoeftige gesinne in ons eie gemeente. Indien jy weet van gesinne wat behoefte het aan kos, bring dit asseblief onder die leierskap se aandag sodat ons vir daardie gesinne kan kospakkies opmaak. Kontak asb die kantoor om deel te raak deur middel van bydraes lewer.

Vir al die bogenoemde uitreike kan jy ons gerus kontak by [email protected] of 012 808 9950 om uit te vind waar jy kan inskakel en jou passie uitlewe.

Makhulong Kinderhuis
Makhulong Kinderhuis en Jeugsorgsentrum is ‘n huis van veilige bewaring vir kinders wat wees gelaat is as gevolg van HIV/VIGS en verwaarlosing.  Om ‘n donasie of hulp te verleen op enige opbouende vlak, kontak gerus vir Hennie Beukes by 082 375 2773 of [email protected]

TREE – Jeugwerkers in ons skole
TREE is Doxa Deo se inisiatief om ‘n Christus gesentreerde verskil in skole te maak.  Doxa Deo glo dat die antwoord om gemeenskappe te transformer by die jonger generasie lê omdat hulle ons toekomstige leiers is.  Ons het tans Jeugwerkers in die volgende laerskole waar hulle ‘n verskil in kinders se lewens maak:

  • Laerskool Die Poort
  • Laerskool Kameelfontein
  • Laerskool Curro
  • Hoërskool Overkruin

Jy kan deel raak van hierdie baie spesiale proses op enige van die volgende maniere:

  • Gebed
  • Borge
  • Jeugwerker
  • Verteenwoordiger

Kontak Henning Kriel by [email protected] vir meer inligting aangaande TREE.

POPUP

Popup Logo

Popup is our People Upliftment Project in the City. Popup touches the most desperate of people’s lives by addressing their most basic needs. People are introduced to Christ, given life skills training as well as training in a skill that will allow them to enter the market place with confidence. There are medical, dental and eye clinics on site. People are supplied with food on a daily and weekly basis. The clothing store supplies second hand clothes to those in need. Popup is our ministry in the city that touches and changes lives daily.

Kontak vir Marlene Freislich (Fund development or B-BBEE enquiries)
+27 82 332 2581
[email protected]


Mat 25:35 – “Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee; Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.”

Praat
Met
Ons

Jou Naam (vereis)

Jou E-Pos (vereis)

Jou Telefoon

Boodskap