Thus says the Lord of hosts: If you will walk in My ways and keep My charge, then also you shall rule My house and have charge of My courts, and I will give you access to My presence and places to walk among these who stand here. Zech 3:7 (Amplified)

Om ‘n man na God se hart te wees, beteken om met oorgawe te lewe – vry in die wete dat Sy genade jou gered het en regverdig voor God kom stel het.  Om ‘n man na God se hart te wees, beteken dat jy Hom in elke area van jou lewe verteenwoordig, sodat Hy inspraak kan gee oral waar jy jou mag bevind…  tuis, by die werk en selfs wanneer jy sommer net lekker ontspan na ‘n dag se harde werk.  Ja, om ‘n man na God se hart te wees, beteken dat jy jou ware identiteit in Hom gevind het en dat die opinies van hierdie wêreld nie meer saak maak nie…  Dat jy voluit lééf in die wete van hierdie waarheid dat, alles wat vir Christus geld deur die oë van die Vader, ook vir jóú geld.  Wat ‘n lewe van oorwinning!

Manne Groep – 5:55

Ons kom op Vrydagoggende om 05:55 by Green Olive Café (Green Olive Café is 3km oos van die N1-snelweg op pad na Cullinan, reg voor Doxa Deo Noord Kampus) bymekaar en ook elke Donderdagaand om 17:55 by die Noord Kampus Leierskapsentrum (kantore).

Kliek hier vir aanwysings.

Manne Aande

Ons hou gereeld manne aande met spesiale sprekers en kuier dan lekker saam.

[email protected] & [email protected]

Dit is ‘n bemagtigingskursus vir manne.

Kontak

Praat
Met
Ons

Jou Naam (vereis)

Jou E-Pos (vereis)

Jou Telefoon

Boodskap