Doxa Deo Kids is ‘n plek waar kinders net kind kan wees, ‘n plek waar hulle kan speel en lag, maar bowenal ‘n kerk vir die jonger generasie. Dis ‘n plek waar hulle uitdrukking kan gee aan wat hulle van God ervaar soos wat net kinders kan. Ons droom daarvan dat kinders sal opstaan as “City Changers” in hulle huise, skole en die gemeenskap.

Bedieningsgroepe

Bediening vind plaas elke Sondag, tydens die 08:00 en 10:00 dienste vir die volgende groepe:

Kleuters 2-4 jaar (wat al van die doeke af is)
Peuters 5-7 jaar
Juniors Gr 2-4
Seniors Gr 5-7 (hulle kom saam met die tienerbediening bymekaar en deel dan later op in hulle eie groep)

Kom leef jou passie uit

Doxa Deo Kids het ‘n wonderlike span mense wat in verhouding met God en elkeen van die kinders staan.  Hulle skep ‘n veilige omgewing waar kinders op ‘n prettige manier van Jesus kan leer. Elke week word ‘n les uit ons goed uitgewerkte kurrikulum op ‘n kreatiewe manier aangebied.

Doxa Deo Kids verskaf ook bedieningsgeleentheid aan mense met ‘n passie vir kinders, om een tot twee keer per maand hulle lewens te kom deel as aanbieder of as spanlid. Daar is verskeie geleenthede waar jy kan deel raak:

  • Lesaanbieder (3-weekliks)
  • Gebedspan (weekliks)
  • Tegnies/Klank (3-weekliks)
  • Finansiële bydraes (eenmalig of per maand)
  • Maak van verversings (1 x per maand)
  • Kleingroepleier/Assistent (3-weekliks)
  • Maak en opsit van dékor (1 x per kwartaal)
  • Registrasies van kinders (3-weekliks)
  • Voorbereiding van aktiwiteite (3-weekliks)
  • Kinders oppas tydens kursusse (soos benodig)
  • Groepleier by kinderkampe (2 dae per kwartaal)
  • Kreatiewe oggende by Makhulong Kinderhuis (1 x per maand)
  • Uitreike vir ouetehuis (1 x per maand)
  • Wees deel van ons drama/puppet/”mascot” span (3-weekliks)

Kontak Mariska van der Meulen  [email protected] indien jy jou passie by Doxa Deo Kids wil kom uitleef.

Kliek hier om ons Facebook bladsy te besoek waar jy ook op hoogte gehou gaan word van al ons geleenthede.

Praat
Met
Ons

Jou Naam (vereis)

Jou E-Pos (vereis)

Jou Telefoon

Boodskap