Waarom Groepe?

Afgesien van ‘n verhouding met God, is die mens se grootste behoefte na betekenisvolle verhoudings met ander mense. Kerklewe (christenskap) is veel meer as net Sondagdienste. Volwassenes in ons kampus word primêr bedien en versorg in klein, informele groepe waar vriendskappe en verhoudings kan groei en floreer.

Wat kan jy verwag?

Elke week kom groepe mense in huise en werkplekke bymekaar om saam te groei en vriendskappe te vorm wat mekaar ondersteun. Belangegroepe is ook deel van hierdie groeplewe, onder andere fietsrygroepe, gholfgroepe ens, waar ondersteuning, omgee en geestelike inspraak in mense se lewens gebeur.  Ons begeer dat elke persoon in ons gemeente deel sal wees van so vriendekring.

Kontak Martha by martha.jansenvanrensburg@doxadeo.org indien jy wil inskakel by ‘n huisgroep of spesifieke belangegroep.

Praat
Met
Ons

Jou Naam (vereis)

Jou E-Pos (vereis)

Jou Telefoon

Boodskap