Dit is ware Noord Kampus-kultuur om deurgaans gemeenskap tussen ons vennote aan te moedig en bewerkstellig. Deel hiervan, is die kultivering van liefdevolle verhoudings as ‘n leefwyse en gevolglik daardie egte gevoel van ‘om te behoort’,  te ervaar wanneer ons as kerk bymekaarkom.  Daarom is dit van kardinale belang dat ons moeite doen om, reeds met die intrapslag, mense met ope arms te ontvang en te laat welkom voel.

Ons Gasvryheidsbedieningspan is ‘n klomp hartlike en gesellige mense wie se harte warm klop vir enige persoon wat Sondae dienste bywoon.  In hierdie bedieningspan is daar verskeie fasette waar mense hulle bediening uitleef, en waar jy ook jou waarde kan kom toevoeg, om jou roeping uit te leef;

EERSTE KEER BESOEKER & VERWELKOMINGSPAN

  • Romeine 12:13: “Help ander gelowiges wat swaarkry. Wees gasvry. Stel julle huise tot beskikkingvangelowiges wat nie ‘n plek het om tuis te gaan nie”

Die 1ste keer besoekers-stasie is die eerste kontakpunt wat mense het wanneer hulle Noord Kampus vir die eerste keer besoek. Daarom is dit so lekker om leiers te hê wat met ‘n passie mense wil ontmoet, en hulle wys waaroor Noord Kampus gaan, hoe hierdie  1ste keer besoekers kan inskakel, en / of antwoorde kry waarvoor hulle kom soek het. Ons wil hulle met gasvryheid ontvang, en hulle laat tuis voel in ons huis.

Dit vir ons belangrik dat elke persoon tuis moet voel en ervaar dat hulle hier hoort. Die verwelkomingspan neem dus eienaarskap om ons deure op ‘n Sondag te beman en alle vennote en besoekers hartlik te ontvang.

INFOTOONBANK

2 Cor 1:4:  He comforts us in all our troubles so that we can comfort others. When they are troubled, we will be able to give them the same comfort God has given us.

Ons sien geen navraag as ‘n administratiewe taak nie, maar eerder ‘n geleentheid waar ons mense kan help om antwoorde te vind vir die vraag wat hulle na die toonbank toe bring. Die infotoonbankbediening is ons platform om mense te ‘connect’ aan die regte prosesse/kursusse of ander plekke waar hulle weer (of die eerste keer) by Vader se voete kan sit, om perspektief, genesing of hoop te vind.  Ons wil ook verseker dat enige vrae wat mense mag hê so spoedig en vriendelik moontlik beantwoord word.  Dus het Noord Kampus ook ‘n infotoonbank wat navrae, CD bestellings en soms kaartjieverkope, hanteer.  Indien jy geroepe voel om waarde in hierdie area toe te voeg,, sal ons jou graag in hierdie bediening inskakel.

DIE KOFFIEKAN

Die Koffiewinkelbedieningspan is gefokus daarop om ‘n omgewing te skep waarbinne verhoudings kan groei – en hoe beter kan dit raak as met ‘n cappuccino of ‘n stomende koppie luukse tee in die hand! Ons kuierplek is die area waar mense met mekaar ‘connect’, waar nuwe vriendskappe gesmee word, waar hart-deel plaasvind.  Ervaar jy iets in jou hart om ‘n verskil in hierdie bediening te kom maak?

FEESDIENSBESTUUR

Hier word ‘n omgewing geskep waarbinne bediening kan plaasvind. Dus fokus ons spanne daarop om alle logistieke so glad te laat verloop, dat dit nie die fokus sal steel van dit wat die Here wil doen in ons Sondag dienste nie.  Dit sluit opneem van offerandes, aanwys van plekke en verskeie soortgelyke take in. En soms is jy die een wat vir iemand bid / bystaan wanneer hy/sy deur ‘n moeilike tyd gaan / gebed nodig het.  Het jy ‘n passie vir bestuursprosesse? Hou jy daarvan om stelsels glad te laat verloop?  Kontak ons indien jy wil aansoek doen om deel te word van hierdie bediening.

NAGMAALBEDIENING (Profetiese décor)

1x per maand bedien ons nagmaal in ons gemeente. In hierdie bediening plaas ons die klem op die décor op die tafels, wat volgens die preektema opgemaak word.  Vanuit ‘n vorige nagmaal het Noord Kampus al woord ontvang, as gevolg van die profetiese uitdrukking wat hierdie bedieningspan ten toon gestel het.  Druk die Here op jou hart om in te koop in hierdie bediening, en ook so een van jou talente uit te leef?

 As jy graag op enige van die bogenoemde wyses wil deel raak, kontak ons gerus by 012 808 9950 of [email protected]

Praat
Met
Ons

Jou Naam (vereis)

Jou E-Pos (vereis)

Jou Telefoon

Boodskap