Groeplewe

Die lewe in Christus is ‘n lewe wat gedeel word met ander. Dit is saam met ander volgelinge van Jesus wat ons hierdie lewe leer leef in liefde vir mekaar en ons wêreld. Ons doen die lewe saam. Dit gebeur die beste in sirkels, nie in rye nie, waar mense mekaar leer ken, saam die waarheid oor Jesus en die lewe waaraan ons deel het ontdek en saamwerk vir Jesus se koningskap in ons streek. Vennote lewe in groepe en werk in spanne. Daar is verskillende tipe groepe: Bediening-groepe, belange groepe, groepe van mense in ‘n sekere lewensfase, kleingroepe en nog ander. Meeste van ons lewe klaar in ‘n sirkel van mense en daardie groepe het die potensiaal om ook ‘n dissipelskap groep te wees. Kontak ons as ons jou kan help om by ‘n groep in te skakel of selfs ‘n groep te begin. 

Kontak Informasie

KERK KANTOOR

 

ELRENE DE KOKER

 

Vir enige ander kommunikasie kontak vir Elrene de Koker

[email protected]

Praat met Ons