Raak betrokke by Street Store

Street Store is ‘n projek wat ons as deel van #Lovederdepoort afskop om die gemeenskap van Derdepoort te dien. Street Store is ‘n Pop up winkel waar mense klere gee en die mense van die gemeenskap die geleentheid kry om te kom “Shop” teen geen koste nie. In die proses wil ons hulle ook bedien met iets om te eet en verhouding bou sodat ons Jesus se liefde ook aan hulle kan oordra.

Daar is verskeie spanne wat nodig is om hierdie dag te maak werk. Ons het van logistieke spanne tot mense wat die klere voor die tyd vir ons uitsorteer. Ons het Bemarking. Kos, Sekuriteit, Shop Keepers en nog soveel meer. Bring ‘n groep mense saam met jou en registreer nou hier onder om deel te raak van hierdie ongelooflike geleentheid.