Die Here het elke man geskep met ñ spesifieke doel (purpose).  DISCOVERY is ñ kursus vir Young Adult en Studente manne om te ontdek wat die Here se doel vir elkeen se lewe is, deur ñ fondasie te lê in die verstaan van die roeping op elke man se lewe, soos dit in die Woord van die Here i

Die rolle van die man word hoofsaaklik vasgevang in ñ diep en intieme verhouding met Jesus Christus.  Daarom gaan ons in die kursus leer, op ñ praktiese vlak, dat die hoof fokus van ñ man die volgende behels:

  • Om die Here se teenwoordigheid te soek en te geniet
  • Om te lewe binne verhouding met die Here en die mense om jou
  • Om te lewe in gehoorsaamheid tot die Here se Woord en roeping op jou lewe

Ons wil graag vir jou ñ belewenis gee en daarom gaan ons ñ paar fisiese dinge saam aanpak.

Wat het jy nodig?

Die koste vir die kursus beloop R1 700 en sluit die volgende in:

  • Alle kursus materiaal
  • Onkostes vir die kampgelde
  • ñ Netjiese hemp en Afsluitingsfunksie aan die einde van die kursus

 

  • Begin 10 Februarie 2020
  • Maandag van 18h45 – 21h00 by Doxa Deo Moot –  uitsluitend die skoolvakansies.
  • Ons gaan in kleingroepe (changerooms) funksioneer.

Die doel van die kursus is om jong manne “guidelines” te gee vir ñ gesonde, Goddelike leefstyl deur elke dag die roeping van die Here te soek en uit te leef.  Jou inkoop in die proses is absoluut noodsaaklik om die kursus suksesvol te doen.

SKRYF NOU IN HIER

Wat is Radiance?
Radiance is ‘n lewensveranderende reis waar jy God ontdek en wat God in gedagte gehad het toe Hy vroue geskape het, en nog belangriker – toe Hy jou geskape het! Radiance is vir studente vroue en jong volwasse vroue tussen die ouderdom van 18 en 35. Ons bespreek onder andere identiteit, roeping, verhoudings en nog vele meer.

Hoe werk dit?
Ons kom Maandaeaande om 18h30 tot 21h00 by Doxa Deo Moot bymekaar waar ons sekere temas hanteer,in kleingroepe  funksioneer en die jaar saam met mekaar ‘n pad stap.

Ons begin Maandag 10 Februarie 2020. Ons het elke Maandagaand gedurende ‘n kwartaal Radiance, uitsluitend skoolvakansies. Ons eindig September met ‘n groot afsluitingsfunksie.

Hoeveel kos dit?
Dit kos R850 vir die kursus van Februarie tot September . Dit sluit alle lesingmateriale, alle bymekaarkomste en funksies in. Afbetalings opsies beskikbaar.

Sluitingsdatum vir inskrywings?
9 Februarie 2020

SKRYF NOU IN HIER