Fusion City Youth Midstream

Tienerlewe is vir ons die belangrikste deel van elke individu se lewe, want dit is in die jare wat jy die meeste groei in jou geestelike, emosionele en fisiese lewe.  Fusion Youth Midstream is ‘n plek vir elke hoërskool leerder tussen 13 – 18 jaar oud en ons wil ‘n plek skep waar ons elke tiener “fuse” met God deur ‘n spasie te skep van aanbiddingwoord en kuier en om ‘n spasie te skep waar elke tiener ‘n Matteus 8:10 geloof sal hê!

 

Fusion glo in Tribes en ‘n Tribe is ‘n groep van mense wat saam lewe doen, saam groei in hulle verhouding met die Here en saam lewe aandurf!  ‘n Tribe word gelei met die doel van dissipelskap!

Tribes

In ons Sondae dienste 08:15/ 10:00 glo ons sterk daarin om steeds groepslewe in die boodskap te betrek. Hier het ons gewoonlik besprekings na die boodskap in groepies wat gelei word deur ons Fusion leiers.

Week Tribes (Bybelstudie en selgroepe)

Meisies: Daar is weeklikse Bybelstudie in persoon en oor zoom. Woensdae – in persoon (17:30) en Donderdae – via zoom (18:00).

Ouens: Elke derde Maandag kom al die manne by mekaar vir n braai en sel tussen 18:00-20:00.

Sondae

Ons nooi jou graag na ons oggenddienste in Fusion, 08:15 of 10:00.

Ons het ook aanddienste “Clear Cut” in die ouditorium waar tieners en “young adults” saam smelt 18:00.

 

Socials/kuier

Elke maand is daar ’n groot social waar ons as groep saam kuier en lewe saam geniet. Maak graag kontak met ons om te hoor waar ons volgende gaan.

Sosiale Media 

Volg ons op sosiale media – Instagram (fusion_msk) / Facebook– om meer te sien van ons Fusion kultuur, wie ons is en waarmee ons besig is!

 

Vir enige verdere inligting, kontakt gerus Chanell: [email protected]

Praat
Met
Ons

    Jou Naam (vereis)

    Jou E-Pos (vereis)

    Jou Telefoon

    Boodskap

    Book your tickets