Manne Bediening

Thus says the Lord of hosts: If you will walk in My ways  and keep My charge, then also you shall rule My house and have charge of My courts, and I will give you access to My presence and places to walk among these who stand here. Zech 3:7 (Amplified)

Om ‘n man na God se hart te wees is nie altyd maklik nie, maar dit is presies wat God ons voor geroep het….om die moeilike maar regte dinge te doen in die lewe.
Jesus roep mans om Hom te volg en om met vrymoedigheid deel te neem aan Sy verlossingsplan vir ons persoonlik, in ons families en in ons gebied van invloed. Hy roep ons om dit met ywer, nederigheid en in liefde aan te pak net soos Jesus dit gedoen het.

Geleenthede:

Authentic Manhood groepe
Kleingroepe vir manne (Verskeie manne groepe waarby jy kan inskakel)
Manne geleenthede
Mentorskapgroepe

 

Vir meer inligting kontak vir Willie

Vroue Bediening

“God chose you out of all the people on Earth as His cherished personal treasure.” Deuteronomy 14:2

Doxa Deo Midstream se vrouebediening, Cherish, is ‘n  geleentheid vir vrouens van alle ouderdomme, om saam te gesels en saam te groei.

Dis ‘n plek waar jy dalk as vreemdeling mag instap, maar verseker as vriendin sal uitstap.  Dis ‘n veilige omgewing waar vrouens met vrymoedigheid hulle harte en lewens kan kom deel.

Hier is ‘n paar van ons geleenthede spesiaal vir jou:

Cherish Groups/mentoring

Daar is verskeie vroue groepe wat deur die week bymekaar kom.

Cherish Woord

Tydens hierdie geleenthede word daar Bybelstudie gedoen oor verskeie onderwerpe

Cherish Events

Cherish bied ook gereeld vroueaande aan met uitmuntende sprekers en passievolle aanbidding.

 

 

As jy deel wil raak van ‘n vroue-groep, bybelstudiegroep of enige ander navraag het, kontak vir Charmaine

Sake Bediening

Die bediening na sakelui  bemagtig besigheidseienaars en sakeleiers om hulle besighede te transformeer vir die koninkryk van God. Dit is ʼn reis na ʼn betekenisvolle lewe waar sakelui toegerus word om verantwoordelikheid te neem vir mense en besigheidsorganisasies as deel van die Doxa Deo droom vir die transformasie van ons stad.

ʼn Groep sakeleiers vorm ʼn forum wat gereeld saam bid en inistiatiewe beplan om die visie te bereik. Hoogtepunte sluit in gereelde sakeontbyt geleenthede en die wêreldberoemde Lifework Leadership program. Sakemanne en -vroue word uitgenooi om saam te ontdek wat God se plan en roeping met hul besigheid is.

Vir meer inligting, kontak Johan

Aanbidding span

Wie: Sangers en Musikante
Tye Donderdagaande 19:00 – 22:00 (Verpligtend)
Serve: Tydens Sondag dienste en Events
Kontak: Arno – [email protected]
Kontak ons om ‘n afspraak vir ‘n oudisie te maak.
As jy die oudisie slaag, word jy dan deel van oefeninge op Donderdagaande.Daar sal ‘n een-tot-een gesprek wees. Na ‘n oefen periode van 6-8 weke sal jy op rooster ingedeel word vir bediening by ons dienste.

Tegnies

Wie: Klank, Multimedia, Beligting, Kamera en verhoog
Rol: Bied ondersteuning vir alle events en dienste en oefen saam met Aanbiddingspan op Sondae.
Tye: Sondae oggende: 07:30 & Sondae aande: 17:00
Serve: Tydens Sondag dienste en Events
Kontak: Arno  – [email protected]
Kontak ons en ons sal jou connect met die regte mense wat jou gaan help met opleiding indien nodig en verdere betrokkenheid.
Praat
Met
Ons

    Jou Naam (vereis)

    Jou E-Pos (vereis)

    Jou Telefoon

    Boodskap