FEED MY PEOPLE

The Midstream Feed My People is a project initiated by all the  Midstream churches who have joined hands in order to try to raise funds to provide meals for those in need.

HOW TO GET INVOLVED

Pray for the project

  • For the constant input of food ingredients, packaging and sufficient volunteers.

Give resources to make this project run

  • R200 per household is a suggestion – each R200 will feed 120 people for a day.
  • Click HERE to make a payment. Under category, select “Ander” and add “Feed my people” under the description bar.

TSWANE SKUILINGS

Ons skenk weekliks manne-, vroue- en kinderklere, asook kombers en handdoeke aan die haweloses en karwagte wat tans in die Skuilings in Lyttleton en die groter Tswane gehuisves word.
Indien jy enige van die bogenoemde items het wat nog in goeie kondisie is, is jy welkom om dit by ons kampus af telaai sodat ons dit kan versprei.

HOPE – GESINSONDERSTEUNING

HOPE (Help Our People Eat) is Doxa Deo Midstream se versorgingsprogram vir vennote wat deur korttermyn finansiële uitdagings gaan.

Ons verskaf aan die gesinne kospakkies, liefde, bystand deur gebed en gee ook finansiële opleiding (leiding om finansies reg te bestuur).

Jy kan betrokke raak deur een maal ‘n kwartaal ’n finansiële bydrae te maak vir een gesin se kospakkie ter waarde R500.

Kliek HIER om te gee

BESTAANDE KAMPUS PROJEKTE

KI-DEO IS ons kinderhuis waarvoor Midstream kampus verantwoordelikheid opneem. Tans is daar 10 kinders in die huis en die maandelikse bedryfsuitgawes is R60 000.

Kliek HIER vir meer inligting oor hoe jy betrokke kan raak.

POPUP

Die fokus van POPUP is om die agtergeblewe gemeenskappe op te hef deur “Life Skills” en vaardigheidsprogramme. Sedert 2006 tot vandag is 8300 mense opgelei.

Vir meer inligting kliek HIER.

FEED. PLAY. LOVE.

Hierdie program is geloots om kleuterskool juffrouens in die omliggende informele nedersettings op te lei. Van 2016 tot nou is 150 juffrouens opgelei en sodoende 6000 kinders se lewens geraak. Ons vertrou om 50 juffrouens in 2020 op te lei.

Vir meer inligting kliek HIER.

TREE

Ons het ‘n droom om te sien hoe skole in ons omgewing ‘n plek sal wees waar kinders holisties kan groei in elke fasset van hulle lewens. Ons doen dit deur ‘n span van skolewerkers in skole in te plaas om te fokus op fisiese en geestelike groei asook saam droom oor die visie van die skool.

Vir meer inligting kliek HIER.

SNAPCHURCH

In samewerking met Judea Harvest bou ons kerke en ondersteun ons die plaaslike predikante in ons omliggende omgewing. Snapchurch was betrokke by die bou van 17 kerke in die afgelope 4 jaar.

Vir meer inligting kliek HIER.

Praat
Met
Ons

Jou Naam (vereis)

Jou E-Pos (vereis)

Jou Telefoon

Boodskap