Waarom Groepe?

Afgesien van ‘n verhouding met God, is die mens se grootste behoefte na betekenisvolle verhoudings met ander mense.
Dit is waarom kerklewe (christenskap) veel meer is as net Sondag dienste.
Ten einde ‘n “gemeenskap van gelowiges” te bou, word volwassenes in ons kampus primêr bedien en versorg in klein, informele groepe waar vriendskappe en verhoudings kan groei en floreer.

Wat kan jy verwag?

• Groepe kom in huise bymekaar om saam te gesels oor die Woord, tyd te spandeer in “fellowship” en saam te bid.• Daar is groepe wat weekliks bymekaar kom en ander wat weer elke tweede week ontmoet. Vir die baie bedrywige mense is daar ook groepe wat maandeliks bymekaar kom.

Ons het reeds aktiewe groepe waar lewens weekliks verander.

Ons vestig ook gereeld nuwe groepe om ruimte te skep dat mense gereeld en gemaklik ingeskakel kan word.

Indien jy belangstel om betrokke te raak by groepslewe waar OMGEE, BEDIENING, INVLOED en GROEI as hoë waardes beskou word, is jy so welkom om vir Willie te kontak!

Praat
Met
Ons

Jou Naam (vereis)

Jou E-Pos (vereis)

Jou Telefoon

Boodskap