Daar is baie situasies in die lewe wat die wind uit ons seile haal. Ons ondersteuningsproses bied bediening vir mense wat deur moeilike tye gaan. Ons begeerte is om te sien dat elke mens in sy geheel gesond sal wees en voluit sal lewe in kwaliteit verhoudinge met God en sy naaste.
Ons bied die volgende dienste aan
Ek Wil Voluit Lewe
BERADING
Ons het goed opgeleide beraders wat met deernis en empatie mense beraad wat lewenskrisisse ervaar.
Kontak Lenrou Jacobs ([email protected])
GEBED
Verskeie gebedsprosesse binne die kampus. Ons voorbiddingspan kom gereeld bymekaar vir gebed. Indien jy enige gebedsversoeke het skakel ons gerus:
Kontak Esmarelda Geldenhuys [email protected]
Ek wil graag help bedien
Ek Wil n' Verskil Maak
Selleiers
Indien jy n selleier wil word kontak gerus vir Lenrou Jacobs by [email protected]
Beraders
Ons skep graag geleentheid vir beraders om hulle bediening by ons kampus uit te leef. Indien jy wil deel vorm van die beradingspan kontak gerus ons kerkkantoor op 011 867 5954
Kursus en prosesse fasiliteerders
Indien jy wil betrokke raak by die fasilitering van ‘n kursus of proses kontak gerus ons kerkkantoor.
Vir enige verdere navrae kontak die kerkkantoor op 011 867 5954 of ([email protected])