Aanbidding

Ons glo dat ons aanbiddingsbelewenis saam met die kunste in al sy uitdrukkings, ‘n lewensveranderende impak in ons stad kan maak. Dit is ons begeerte om God te aanbid in Waarheid en in Gees en daarom het ons ’n aanbiddingsspan wat hulle gawes en talente gebruik om aanbidding te lei en fasiliteer tydens feesdienste en ander geleenthede.

Wie:Enige iemand wat betrokke wil raak in ons bediening as musikant of sanger
Oefentye:Donderdagaande 18:30 – 21:00
Dien:Dien by Sondag dienste en ander geleenthede
Kontak:Lenrou Jacobs ([email protected])
Raak betrokke:Kontak ons om ‘n afspraak te maak vir ‘n oudisie.

Oudiovisueel

Ons streef daarna om ons Sondag feesdienservaring en -inhoud optimaal te kommunikeer en om dit wyer beskikbaar te stel as net `n feesdiens.
Vennote met ’n passie vir – en bekwaamheid in multimedia en produksie, verseker dat ons dienste meer interaktief is.

Die verskillende areas waarby jy betrokke kan raak is:
• Kamerawerk
• Multimedia
• Klank
• Beligting

Wie:Klank, Multimedia, Beligting, Kamera en Produksie-en-verhoog bestuur
Oefentye:Donderdagaande 18:30 – 21:00 (Verpligtend)
Dien:Dien by Sondag dienste en ander geleenthede
Kontak:Lenrou Jacobs ([email protected])
Raak betrokke:Kontak ons as jy wil deel word van ons dinamiese oudiovisuele span.

Praat
Met
Ons

* vereiste veld

Jou Naam*

Jou E-Pos*

Jou Telefoon

Boodskap