YA LOGO FINAL-icon for on YA orangeDie Young Adult-groep van Doxa Deo Lyttelton is ‘n lewendige en avontuurlustige groep jong volwasse mense wat saam getransformeer word om hul doel voluit te lewe. Ons bestaan tans uit verskillende selgroepe en kom een keer per kwartaal almal bymekaar. Dit is vir ons belangrik om ons Young adults in hulle spesifieke seisoen te bedien.

Ons skep ‘n warm kuier ervaring waar mense God ontdek , lief raak vir die woord en veilig voel om hul lewens te deel. Die young adults bestaan uit enige finale jaar studente, ongetroudes en jong werkendes.

Die Young Adults vorm deel van die groter kampus. Ons kleingroepbyeenkomste is op ‘n Woensdae aande om 19:30 by verskillende huise in die Centurion omgewing. Na afloop van die byeenkomste is daar geleentheid om lekker saam te kuier en nuwe vriende te maak. Ons glo dat God al die Young Adults van die stad wil bereik.  Sodoende sal ons sien hoe God se koninkryk gevestig word in die stad.  Die leiers speel ‘n belangrike rol om die Young Adults te help om City Changers te wees. Hulle funksie is meestal gefokus op dissipelskap en die reёl van byeenkomste waar community-bou die fokus is. Indien jy belangstel om te groei in leierskap, kontak gerus vir Andreas van Tonder by [email protected] of kontak hom by 0645011596

Praat
Met
Ons

Jou Naam (vereis)

Jou E-Pos (vereis)

Jou Telefoon

Boodskap