Hongerverligting informasie:

Met covid-19 weet ons van soveel mense in ons direkte gemeenskap wat nie kos het nie. Dit is om hierdie rede dat die gemeentes in Centurion – (LPS Love Pretoria South) –  besluit het om saam te werk aan ‘n kosgee-projek om verligting te bring aan mense wat dit so nodig het.

Die projek staan bekend as projek- “Hongerverligting”. Ons vertrou die Here dat ons hierdeur duisende etes vir mense in gebiede rondom Centurion sal kan voorsien. Hierdie gebiede is Olivenhoutbosch, Diepsloot, Mooiplaatz, die Chelter in Lyttelton en Itireleng.

Jy kan betrokke raak deur ‘n finansiële bydrae te maak.

Koop ‘n boks van 30 kospakke teen R600 – (300 etes) of koop ‘n aantal etes teen R2 ‘n ete of koop 10 bokse – Ons vetrou die Here vir 200 bokse – wat beteken ons kan  60 000 etes gee – totaal R120 000.

Verder kan jy ook betrokke raak deur ons te help met die verpakking van hierdie kospakke. Registreer op ChurchSuite om meer inligting oor ons “Pak van etes” te kry: https://doxadeosouth.churchsuite.co.uk/events/jkundv99

Permitte hiervoor sal verkry word.  Kom maak saam ‘n impak in ons gemeenskap.

Een kospak weeg 445g en bevat die volgende:

  • Vitamien sakkie – R6.00
  • Rys – R4.50
  • Soya – R5.00
  • Ontwaterde groentemengsel –R 4.50

Een kospak kan 10 kinders of 6 volwassenes van ‘n ete voorsien. Een boks kan 300 kinders of 180 volwassenes van ‘n ete voorsien.

Die bestandele is as volg:

Vitamien A, B1, B2, B3, B5, B6, B12, C, D3, E, foliensuur en Biotien, minerale voormengsel wat bevat: kalsiumkarbonaat, selen, yster, sinksulfaat, mangaan sulfaat, kopersulfaat, chroom aminosuurchelaat , kaliumjodium.