Doxa Deo Kids is ‘n plek waar kinders net kind kan wees. ‘n Plek waar hulle kan speel en lag, maar bowenal ‘n kerk vir die jonger generasie.

‘n Plek waar hulle uitdrukking kan gee aan wat hulle van God ervaar soos wat net kinders kan. Ons droom daarvan dat kinders sal opstaan as “City Changers” in hulle huise, skole en gemeenskap.

Bedieningsgroepe

Die kinders is tydens al twee dienste in verskeie lokale doenig. Hulle kry blootstelling aan Geesvervulde aanbidding en ‘n interaktiewe les wat op hul ouderdoms- en ontwikkelingsvlak aangebied word.

Deur hierdie belewenis leer hulle van ’n jong ouderdom van Jesus se liefde vir hulle.

Bediening vind elke Sondag, tydens oggenddiens om 08:30 en 10:00 plaas vir die volgende groepe:

* 2-3 jaar
* 4-5 jaar
* Gr R – 1
* Gr 2-5
* Gr 6-7

Ons Personeel

Doxa Deo Kids het ‘n wonderlike span personeel wat in verhouding met God en elkeen van die kinders staan.  Hulle skep ‘n veilige omgewing waar kinders op ‘n prettige manier van Jesus kan leer. Elke week word ‘n les uit ons goed uitgewerkte kurrikulum op ‘n kreatiewe manier aangebied.

Kom leef jou passie uit!

By die kinderbediening bied ons ook geleenthede aan vir mense met ‘n passie vir kinders om een  tot twee keer per maand hulle lewens te kom deel as aanbieder of as kleingroepleier.

Doxa Deo Kids Kalender

Kyk uit vir verskeie “events” wat jaarliks deur Doxa Deo Kids aangebied word. Hou ons kalender dop vir ons volgende geleentheid.

Registreer op Churchsuite

Jou kind se veiligheid is vir ons baie belangrik, daarom verwag ons van ons ouers om elke jaar ñ nuwe registrasievorm in te vul.

Doxa Deo Kids Inligting

Laai Doxa Deo Lyttelton kampus se bedieningsboek hier af. Ons vertel jou meer oor die verskeie bedieninge in ons kampus en hoe jy kan inskakel.