Tieners

Die definisie van die woord ‘Fusion’ is die proses om twee elemente saam te voeg om ‘n enkele entiteit te vorm. Ons hart is om te sien dat ons tieners in ‘n nou-vervlegte verhouding met God sal leef en hul roeping as ‘City Changers’ sal uitleef.

Dit is ons hart is om ‘n generasie te sien groei met ‘n passie vir God se Woord. ‘n Liefde vir alle mense. Ook ‘n brandende begeerte om ‘n impak te maak in hul omgewing. Die waarde van groepslewe en  dissipelskap is vir ons belangrik. Asook ‘n gebedskultuur waarin elke tiener die geleentheid kry om te groei as individu, sy identiteit en verhouding met Jesus.

As jy tussen die ouderdom van 13 en 18 is, dan is Fusion net die plek vir jou om ander tieners te ontmoet.

Bedieningsgroepe

Ons is passievol vir die skole in ons direkte omgewing. Ook alles wat op ‘n Sondag by Fusion gebeur.

Weekliks bedien ons by Hoërskole in ons onmiddelike omgewing.

Sondae kom ons bymekaar in ons Fusion lokaal by Hoërskool Centurion om 08:30 en 10:00 tydens die oggenddienste.

Ons Personeel

Jy kan betrokke raak op verskillende maniere:

* worship team
* bediening
* snoepie
* dekor
* ‘events’

By Fusion word tieners nie net bedien nie. Hier skep ons ook geleenthede vir tieners om hulle passies en talente te kom uitleef deur ander te bedien.

Kom leef jou passie uit!

Tieners het ‘n behoefte vir goeie rolmodelle, behalwe hul ouers en daarom skep ons geleentheid vir jong volwassenes om betrokke te raak by hierdie bediening.

Fusion Kalender

Kyk uit vir verskeie “events” wat jaarliks deur Fusion aangebied word. Hou ons kalender dop vir ons volgende geleentheid.

Registreer op Churchsuite

Jou tiener se veiligheid is vir ons baie belangrik, daarom verwag ons van ons ouers om elke jaar ñ nuwe registrasievorm in te vul.

Fusion Inligting

Laai Doxa Deo Lyttelton kampus se bedieningsboek hier af. Ons vertel jou meer oor die verskeie bedieninge in ons kampus en hoe jy kan inskakel.