Raak betrokke en kom leef jou passie uit!

Doxa Deo Lyttelton Kampus is deel van ‘n groter familie wat passievol is oor God en mense. Ons droom is om stede te verander na plekke waar God regeer. Ons doen dit deur ons passie vir God uit te leef in ons gemeenskap, ‘n impak te maak by ons werksplekke en behoeftes in die gemeenskap aan te spreek.

By Doxa Deo glo ons dat elke persoon wat deel vorm van ons gemeente, geroep is om nie net ‘n vennoot van Doxa Deo te wees nie, maar ‘n wesenlike verskil in ons pragtige stad sal maak.

Ons wil graag deur ons Sondagdienste, selgroepe asook die talle kursusse en geleenthede wat weekliks aangebied word, vir elke vennoot die platvorm bied om ten volle toegerus te word om ‘n City Changer in sy/haar sfeer van invloed te wees.