"Growing as a Missional Community"

“Wat op dees aarde maak ONS hier?”

40 Days of Community

As deel van ons seisoen van “Accelerate the Mission” is Doxa Deo in die “Jaar van Uitbreiding”. Hiermee saam glo ons dat God vir ons meer wil  doen as wat ons kan bid of dink.

“En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk,” Efesiërs 3:20 

Dit is daarom ook ons hart en passie om ons mense toe te rus en te sien ontwikkel as “City Changers” en hulle te mobiliseer vir groter impak in ons stad.

In ons komende “40 Days of Community”-reeks gaan ons kyk na ‘wat op dees aarde maak ONS hier’. Ons is geskep vir verhouding en niemand van ons is gemaak om die lewe alleen deur te gaan  nie. Ons is geskep om die plan wat God vir elkeen van ons het binne verhouding (“community”) met mense te sien realiseer.

Daarom het ons nodig om verbind  te wees aan mekaar – Om gemeenskap te ervaar. Die Woord is baie duidelik daaroor dat ons lede van een groot liggaam is en dat ons mekaar nodig het en ook verantwoordelikheid moet opneem vir mekaar.

Romeine 12:5  “so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.” 

Hoe werk dit?

Ons fokus op praktiese maniere om ‘n ervaring van liefde binne ons gemeente te ontwikkel.

Sondagdienste:

Hier kyk ons na die boek Filippense waar ons gaan leer hoe om te leef in God se familie

Weeklikse Kleingroepe:

Hier kyk ons na 1 Korintiërs 13 waar ons gaan leer om lief te hê.

Dag tot dag:

Oor ‘n 40-dae periode gaan ons kyk na die “mekaar”-begrippe in die Bybel.

 

Sluit aan by 'n groep in jou area.

Wat is die DOEL?

DIE “40 DAYS OF COMMUNITY”-REEKS GAAN OOR EENHEID EN OM DIE LEWE SAAM AAN TE PAK.

Raak deel van 'n kleingroep

Raak deel van ‘n kleingroep of stel jouself beskikbaar om as ‘n “host” eenkeer ‘n week vir ‘n kleingroep op te tree en saam met hulle deur die video-sessies te gaan.

Luister na ons Sondagdienste

Woon ons Sondagdienste by, kyk na ons lewendige uitsendings op ons Facebook-blad of luister na die oudio-preke op ons webtuiste.

Koop vir jou 'n handleiding

Koop vir jou die “40 Days of Community” handleiding en lees deur die 40 dagstukkies. Handleidings is beskikbaar op Sondae by ons info-toonbank.