“Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.”

40 Dae in die boek van Jakobus.

Wat is die ankers wat jy in die lewe het as die lewe onstabiel raak ? Waaraan hou jy vas ? Ons is in ‘n tyd waarin alles verander, baie uitdagings, my stabiele lewe is omvergewerp.

Maar daar is iets, ‘n anker, hoeksteen wat nooit verander en wat ons altyd reggop sal hou, ons geloof in Jesus Christus.

Ons wil jou uitnooi na ons nuwe reeks:  40 Dae in die boek van Jakobus – waarin ons sal ontdek dat ons geloof in Jesus ‘n vaste fondament is in elke dag omstandighede. Dit is ‘n reeks van Rick Warren. Ons gaan kyk na onderwerpe soos hoe om moeilike tye te deurleef,  keuses, gewoontes wat jy ontwikkel, geloof in tye van storms en woede, en hoe om emosioneel gesond te bly.

Ons gaan die reeks in ons Zone en Kampusse doen – nie net deur Sondag prediking nie, maar ook deur daaglikse dagstukkies en kleingroepbesprekings en daarom is dit so noodsaaklik dat jy jouself en jou gesin vir 6 weke hiervoor sal ‘commit’.

As ‘n kerk glo ons , dit in ‘n tyd soos hierdie waar ons geloof aantreklik en aansteeklik kan wees vir ander, ons glo dit, ons leef dit  en ons maak ‘n verskil in ons omgewing en stad.

Maak seker jy is deel van ‘n kleingroep en nooi jou vriende en familie saam op hier 40 dae reis.

Die boek van Jakobus is duidelik, jy kan nie jou redding verkry deur goeie werke nie. Maar ware geloof veroorsaak dat daar goeie werke deur jou lewe plaasvind.

Jesus sê self in Mattheus 5:16  “Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.”

Hoe werk dit?

Ons glo dat in ‘n tyd soos hierdie dat ons geloof aantreklik en aansteeklik kan wees vir ander, ons glo dit, ons leef dit en ons maak ‘n verskil in ons omgewing en stad.

Sondagdienste:

Sondae gaan ons preek oor n spesifieke tema.

Weeklikse Kleingroepe:

Ons gaan elke week saamkom in aanlyn kleingroepe via ‘Zoom’ tydens die 40 dae veldtog en hier skep ons ‘n omgewing waar mense kan saam oor die inhoud praat en oor hoe ons dit prakties kan toepas.

Dag tot dag:

Vir 40 dae lank gaan ons elke dag via audio ‘n bemoedigende skrifgedeelte met jou deel op ons Webtuiste en facebook-blad en ook vir jou bid.

 

Om hierdie 40 dae veldtog suksesvol te laat verloop het ons manne en vroue nodig wat vir ons as gasheer of gasvrou (‘host’) kan optree om ons weeklikse aanlyn kleingroepe te fasiliteer gedurende hierdie 6 weke.

Wat word van 'n HOST verwag?

– Dat jy jouself beskikbaar stel vir 6 weke. 1 Aand per week.

– Internet moet beskikbaar wees. Genoeg data vir 45 min elke week.

– Rekenaar/Tablet waarvandaan jy kan inskakel

– Laai die ‘zoom’ app af.

– Verwelkom almal vriendelik op die Zoom.

– Bespreek die materiaal wat voorsien word.

– Bid vir mense in die algemeen of persoonlik. Skep ‘n geleentheid waar mense vir mekaar bid.

– Alle materiaal word aan die kleingroepe voorsien om die proses so gemaklik as moontlik te maak.

– Dankie dat jy jou God-gegewe gawes en talente aanwend om ‘n impak op mense se lewens te maak en te sien hoe mense se lewens verander en hoe hulle groei.