Kindertoewyding

Jou kind is vir die Here, vir jou as ouer en vir ons by Linden Kampus so kosbaar. Ons het ‘n spesiale kindertoewydingsdiens vir ons kinders. Hierdie diens is ‘n geleentheid wat ons saam vriende en familie geniet en tyd maak om ons kinders aan die Here toe te wy.

Doop

“Gaan dan heen, maak dissipels ….  doop hulle in die Naam van Jesus ……” Matt 28:19 Hierdie is die woorde van Jesus.  Doop is ‘n opdrag van Jesus aan die kerk waardeur ‘n gelowige uitdrukking gee aan sy/haar geloof en begeerte om geïdentifiseer te word met Jesus Christus.  Die metode wat ons gebruik is onderdompeling waardeur ons vereenselwig met Jesus se dood en opstanding.

Praat
Met
Ons

Jou Naam (vereis)

Jou E-Pos (vereis)

Jou Telefoon

Boodskap